
|
TUISBLAD
|
MEER OOR BREINBESERINGS | DIE BOEK |
NEURO-KINETICS |
EMMER VIR 'n WENNER |
KONTAK
|
BESTEL |
Geen
mens verwag ooit om blootgestel te word aan die doolhof van
hospitale, mediese terminologie en trauma wat gepaard gaan met
die besering van ’n geliefde nie. Skielik, noudat jy jouself
daar bevind, word jy oorweldig deur gekompliseerde en tegniese
informasie en is jy nie emosioneel daartoe in staat om voldoende
sin daarvan te maak nie.
Op 23 Maart 1999 in haar tweede jaar as Wiskunde student op
Universiteit, was Lindie in 'n motorbotsing betrokke. Sy was 10
weke lank in ’n koma (van ’n diep koma – 3/15 op die
Glasgow-skaal tot semi-komaties) as gevolg van diffuse
breinbesering. Drie maande na die botsing is sy huis toe as ’n
hemipleeg (verswakking aan die een kant van die liggaam), waar
sy moes leer praat, loop, sit, emosie toon, ensovoorts, alles
wat ’n 19-jarige mens kan doen.
|

Besoek die breinbesering-groep
op
 |
|
 Lindie, twee weke voor die ongeluk
|
 Ses maande na haar ongeluk |
Die
ondersteuning wat Lindie ontvang het van haar gesin, vriende,
familie en totale vreemdes, was ongelooflik. Wat egter opmerklik
was, was hoe moeilik dit was om inligting oor geslote hoofbeserings
te bekom. Susan, Lindie se ma, het hierdie behoefte aangespreek deur
'n boek "Nuwe Lewe na 'n Breinbesering" te skryf. Sy vul die boek
ook aan met hierdie webwerf. Die doel van hierdie webwerf is dus
om vriende en familie van 'n geliefde met 'n breinbesering te
ondersteun. Hoewel dit, soos die boek, nie 'n medies gids is nie,
verskaf dit eenvoudige raad vir geliefdes wat hulself in 'n baie
onbekende, en soms vreesaanjaende, plek bevind.
|
|
Meer oor Breinbeserings
Hoe word
die diepte van 'n koma gemeet? Wat is die eerste ding wat jy moet
doen as 'n geliefde 'n breinbesering opdoen? Wat is die gevolge van 'n
breinbesering? Wanneer 'n geliefde 'n breinbesering opgedoen het,
het 'n mens duisende vrae en dit mag dalk voel asof niemand dit wil
of kan antwoord nie. Hoewel Susan nie 'n mediese kenner is nie, is
daar baie wat sy geleer het tydens Lindie se koma en herstel.
Kliek
hier om te sien wat sy met graagte deel.
|
 |
|
 |
Die boek: Nuwe Lewe
na 'n Breinbesering
Deur Susan Larney:
Min mense
sonder mediese opleiding stel werklik belang om meer te wete te kom
oor breinbeserings. Die statistieke is verstommend: Ongeveer 150 000
persone doen jaarliks net in Suid Afrika breinbeserings op! Wanneer
jou geliefde een van daardie 150 000 is, is dit vir jou van
kardinale belang om meer te weet. Susan het geen moeite ontsien om
meer te wete te kom nie. Al hierdie inligting is op 'n verstaanbare
manier vervat in hierdie boek.
Susan het dagboek gehou van haar en Lou se ervarings en ook van
Lindie se vordering. Al hierdie inligting word nou in 'n boek
beskikbaar gestel vir die familie en vriende van iemand met 'n
breinbesering.
Kliek hier vir meer inligting.
|
Kontakbesonderhede
Tydens en
na Lindie se herstel, het Susan haarself daaraan toegewy om ander
wat deur dieselfde krisis worstel te ondersteun. Sy doen dit steeds
en hoop dat hierdie webwerf haar in kontak sal bring met mense wat
ondersteuning nodig het. Kliek hier om haar te kontak.
|
 |
|
© Kopiereg
2009 |