"Susan
Larney slaag daarin om ingewikkelde mediese terme, asook die
frustrasies wat opduik as gevolg van die onverwagte fisiese en
emosionele omgewing waarin jy jouself nou skielik bevind, aan te
spreek op ’n verstaanbare en logiese manier. Sy plaas jou vrese en
bekommernisse in perspektief....Uit ’n sielkundige oogpunt is
hierdie boek ’n onmisbare kruk vir enige iemand wat deur die
pynvolle proses gaan wanneer ’n geliefde ’n breinbesering opgedoen
het. Dit sal jou verseker deur die spanning en wanhoop help."
Sophia
Combrink
Kliniese Sielkundige
"...’n
hele sak vol inligtingsfeite oor die beseerde brein is
bygevoeg. Die raad en praktiese advies aan mense wat hulle in
soortgelyke omstandighede bevind, is meer as goud werd, op die man
af en mooi duidelik uiteengesit...Susan Larney was daar. Sy is nog
steeds daar. Hierdie is kosbaar en uit die perd se bek."
Dr. Albert
Viljoen
Neurochirurg