Die eerste paar dae.
Die
geliefdes van die pasiënt met ’n breinbesering is gedurende die
eerste week of twee so geskok dat hulle aan niks anders as die
pasiënt KAN DINK nie. Dit maak nie saak of die trauma ’n skolier,
student of volwassene oorkom nie, die volgende punte is baie
belangrik. Besluit self watter van die punte van toepassing is.
Daar gaan moontlik ’n derdeparty-eis of hofsaak wees en later
kan mens nie alle gegewens onthou of kry nie, dus...
|
Kontak jou
PREDIKANT. |
|
Kontak FAMILIE en VRIENDE – jy het ondersteuning nodig. |
|
Neem jou eie KRONIESE medikasie, eet gereeld en kry ’n
vitamiene aanvulling – jy
moet jouself ook oppas. |
|
Kontak die betrokke MEDIESE FONDS en vind uit wat word
gedek, want 3 maande
in die hospitaal gaan meer as ’n miljoen rand beloop. |
|
Vind uit wie is die DOKTERS, TERAPEUTE ensovoorts wat
met die pasiënte werk,
dan weet jy by wie jy inligting kan kry.
|
|
Vind uit watter MEDIKASIES die pasiënt gebruik – al
verstaan jy nie al die mediese
goed nie, dit gee troos en gemoedsrus.
|
|
Kry ’n groot A4-KOEVERT om alle dokumente in te bêre.
|
|
Vind uit of die ongeluk by die POLISIE gerapporteer is
en kry die SAAKNOMMER
by die polisie - skryf dit sommer op die koevert.
|
|
Maak seker die ander party(e) en getuies se BESONDERHEDE
is volledig by die
polisie. |
|
Maak FOTOSTATE van die pasiënt se ID en
bestuurderslisensie. |
|
Kontak die betrokke VOERTUIGVERSEKERING en tref reëlings
vir herstel of, as
die voertuig afgeskryf is, vir die staking van die
versekering. |
|
Indien moontlik haal die LISENSIESKYFIE van die
motorruit af. |
|
Indien jy nie versekering het nie, ONTHOU die SKROOTWERF
vra daaglikse
stoorgeld vir jou voertuig – besluit gou wat met die
voertuig moet gebeur. |
|
Deregestreer die voertuig indien nodig.
Neem duidelike FOTO’S van die voertuig – bande ook (dit
het al gebeur dat goeie
bande vervang is met gladdes en die versekering op grond
van “gladde bande” geweier
het om uit te betaal). |
|
Kry ’n boek om DAGBOEK van daaglikse gebeure vir die
pasiënt te hou. |
|
Kontak die SKOOL, UNIVERSITEIT en staak studies (om
skool/studiegeld/koshuisverblyf
betalings te staak). |
|
Kontak die WERKGEWER en tref reëlings vir siekverlof.
|
|
Indien die hospitaal dit toelaat, neem gereeld FOTO’S
van die pasiënt – sodat hy/sy
later kan sien hoe die vordering verloop het.
|
|
Kontak ander versekeraar om te hoor of daar ONGELUK- of
TRAUMADEKKING
is. |
|
Reël dat die pasiënt se ander versekering, verbande,
lenings, huurooreenkomste en
huurkoop-ooreenkomste tydelik gestaak (op die ys geplaas)
word. |
Jy het baie GEDULD nodig – koma-pasiënte se herstel neem
lank.
Breinbeserings
Breinbesering wat na geboorte opgedoen word, word soms die “stille
epidemie” genoem en kom in twee groepe voor, nl:
Geslote breinbesering – dit sluit in
beroertes, ‘n harde stamp teen die kop (soos met ‘n motorbotsing),
‘n stamp teen die kop/ken (sportbeserings) wat die brein deur
skudding beseer, “amper verdrinking” waar die brein vir ‘n tyd van
suurstof ontneem is, breinkanker, breingewasse of
breinvliesontsteking.
Oop breinbesering
– waar die skedelbeen
gebreek/gekraak word deur bv. ‘n stamp, skiet- of steekwond.
Die meerderheid slagoffers is jong mans tussen die ouderdom 15 – 25
jaar.
‘n Koma is die direkte gevolg van ‘n breinbesering. Met ‘n ernstige
breinbesering kan die persoon sterf tydens die trauma of kort daarna
en juis daarom word ‘n koma as ‘n bedreiging van lewe beskou.
Het jy geweet?
|
Geen mens
“skrik wakker of “word wakker” uit ‘n koma nie. |
|
Daar
bestaan nie, in die werklike lewe, iets soos ‘n TV-koma nie
– dit gebeur net op televisie. |
|
As “wit”
lewe voorstel en “dood” deur swart voorgestel word, sal die
gedeelte tussen-in (liggrys tot houtskool) ‘n koma kan
voorstel. |
|
Met
behulp van die Glasgow-skaal word bepaal in hoe diep koma
die pasiënt is – watter skakering van grys die pasiënt is. |
|
‘n
Breinbeseerde gaan tydens die herstelproses deur agt vlakke
voor hy weer selfstandig kan funksioneer. |
Hoe werk die
brein?
Die
volgende funksies word deur die verskillende dele van die brein
beheer:
|
Frontale lob – Abstrakte denke, persoonlikheid, kreatiwiteit en
gewete. ’n Gebied in die frontale lob van die dominante
hemisfeer beheer spraak. |
|
Pre-sentrale girus – Spiersametrekking.
|
|
Post-sentrale girus – Aanraking- en druksensasie.
|
|
Pariëtale lob – Visueel-ruimtelik.
|
|
Oksipitale lob – Sig.
|
|
Temporale lob – Gehoor, smaak en reuk.
|
|
Serebellum – Koördinasie, ewewig, spierkoördinasie en postuur.
|
|
Breinstam.
|
|