TUISBLAD  MEER OOR BREINBESERINGS  DIE BOEK  NEURO-KINETICS | EMMER VIR 'n WENNER | KONTAK | BESTEL

 

Neuro-Kinetics: Speel jou brein heel

Nadat die familie van 'n breinbeseerde die ergste trauma verwerk het, begin die lang pad na herstel.  Wanneer 'n mens egter begin soek na praktiese oefeninge en speletjies om die beinbeseerde se genesingsproses aan te help, word dit duidelik dat mens tevrede moet wees met die algemene aktiwiteiteboeke, omdat daar niks anders beskikbaar is nie.

Nie meer nie! Susan en haar man, Lou het hierdie ongelooflike gids met meer as 250 aktiwiteite saamgestel. Die grootste deel van hierdie aktiwiteite is self-saamgestelde oefeninge nadat hulle dogter, Lindie, in 1999 tydens 'n motorongeluk 'n breinbesering opgedoen het waardeur sy baie van haar vaardighede verloor het.

 

Met aanvang van hierdie oefeninge kon Lindie nie 'n drie-stuk legkaart bou nie en ses maande later is sy suksesvol terug Universiteit toe. Natuurlik is elke beseerde se situasie uniek en kan geen beloftes gemaak word ten opsigte van 'n pasient se vordering nie. Wat egter duidelik is, is dat hierdie oefeninge 'n geweldige verskil maak en die herstelproses 'n reuse hupstoot gee.

 

Boek voorskou

Klik op die skakel om voorbeelde van die oefeninge te sien:

  1. Oriëntasie: Rigting van kragte

  2. Geheue: Pasmaats

  3. Perseptuele Vaardighede: Vuurhoutjies

  4. Oordeel, Besluitneming, Abstrakte Denke & Probleemoplossing: Spyskaart
     

(Adobe Acrobat Reader is nodig om hierdie voorbeelde te sien. Acrobat reader kan gratis van die Internet afgelaai word deur hier te kliek)

 

Die tuisprogram is saamgevat in 249 bladsye wat verdeel is in 8 hoofstukke wat elke bestaan uit 'n aantal aktiwiteite wat op 'n spesifieke vaardigheid konsentreer. Hierdie vaardighede sluit in: Oriëntasie; Konsentrasie; Geheue; Visuele Aandag; Ouditiewe Aandag; Perseptuele Vaardighede; Oordeel, Besluitneming, Abstrakte Denke & Probleemoplossing en Skeppende Aktiwiteite. Elke van hierdie terme word ook breedvoerig aan die begin van elke hoofstuk verduidelik.

Titel: Neuro-Kinetics: Speel jou brein heel
ISBN: 978-0-620-46541-0
Grootte: A4
Koste: Sien bestelvorm vir prys.

Binnekort in Engels beskikbaar:
Titel: Neuro-Kinetics: Train your brain.
ISBN: 978-0-620-46542-7

Kliek HIER om te bestel.

Emmer vir 'n Wenner

Emmer vir 'n Wenner is 'n program wat daarop gemik is om handvaardigheid te verbeter. In plaas daarvan om 'n lang lys met benodighede te verskaf, bevat hierdie Emmer reeds die verskeidenheid huishoudelike artikels wat gebruik kan word vir die oefeninge. Die pakket bevat ook 'n handige handleiding wat presies verduidelik hoe die Emmer en die inhoud gebruik moet word.

Emmer: 5 liter
Koste: Sien bestelvorm vir prys.

In Engels beskikbaar:
Titel: Container for a Gainer.

Kliek
HIER om te bestel.

 

Nuwe Lewe na 'n Breinbesering

Min mense sonder mediese opleiding stel werklik belang om meer te wete te kom oor breinbeserings. Die statistieke is verstommend: Ongeveer 150 000 persone doen jaarliks net in Suid Afrika breinbeserings op! Wanneer jou geliefde een van daardie 150 000 is, is dit vir jou van kardinale belang om meer te weet. Susan het geen moeite ontsien om meer te wete te kom nie. Al hierdie inligting is op 'n verstaanbare manier vervat in hierdie boek.

Susan het dagboek gehou van haar en Lou se ervarings en ook van Lindie se vordering. Al hierdie inligting word nou in 'n boek beskikbaar gestel vir die familie en vriende van iemand met 'n breinbesering. Kliek hier vir meer inligting.

© Kopiereg 2009